
=====================================================================
Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans?

World of Learning maak aan almal wat belang stel   om Afrikaans te leer, 'n puik aanbod: 'n Afrikaanse taalkursus teen 'n indrukwekkende 
afslag.

"EK wil graag Afrikaans leer en daarom vra ek julle om my te laat weet welke boeke ek kan koop en waar om Afrikaans te leer," lui 'n 
boodskap in goeie Afrikaans van 'n Nederlander uit Almelo op die Stigting se e- pos. Dit is een van talle sulke versoeke wat die Stigting 
per e-pos, faks en brief ontvang.

Hier is 'n praktiese antwoord: World of Learning is bereid om sy Afrikaanskursus, wat tans R2 040 kos, vir R999 aan te bied. Die Stigting 
vir Afrikaans kry 10 persent van die verkope.

Die kursus, gebaseer op die PILL metodiek, bestaan uit 5 taalkassette; 'n le oefenkasset; 5 kursushandleidings; 'n kits-woordvinder as 
woordeskat-hulpmiddel en 'n handleiding vir die skryf van briewe in Afrikaans. Die brugtaal is Engels. Alles is saam in 'n aantreklike 
album verpak.

Die program is ontwerp om beginners sonder enige kennis van Afrikaans, of diegene met 'n geringe kennis wat graag wil vorder, te leer om 
Afrikaans met 'n aanvaarbare vlotheid te lees, skryf, verstaan en praat. Die leerder sal alledaagse situasies kan baasraak en met 
selfvertroue kan kommunikeer. Die woordeskat is sowat 1 500 woorde.

"Ons doel met hierdie aanbod is tweeledig," s Bruno Brys, nasionale verkoopsbestuurder van World of Learning en van geboorte 'n Vlaming. 
"Ons wil vir Afrikaans 'n teenwoordigheid help skep in die taaldepartemente van universitieite wreldwyd en aan soveel maatskappye, 
biblioteke, skole en ander instansies as moontlik bekend stel. Om die kursus te bekom doen navraag: Telefoon: 0927-11-880 372
Faks: 0972-11-788 9883
E-pos: pill@icon.co.za In Suid-Afrika word net die kode 011 vir Johannesburg gebruik -- pleks van 0927-11.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av526.html> Enige kommentaar? (Kommentaar word publiek op die Web aangebied.) Skryf gerus aan die 
redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999    Blaai terug | Blaai om
Terug na bo   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer uit onverwagte oord (AV 5:2) 
/// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die 
antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// Afrikaans: 'n nuttige stuk 
gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke (AV 5:2) /// 'n Woordlint van 
land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n Gelukkige huis lok vele 
vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 'n Reis van 
selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante seun, Meyer 
(AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) ///

